Vir die van julle wat die OOB-ding met Photoshop wil probeer het ek ‘n zip-file met die tutorials gemaak. Jy kan dit hier aflaai. Die zip-file is so 1Mb groot.
Hier onder is so paar van my eie OOB’ies. Stuur vir my van julle OOB’ies, dan pos ek dit ook hier. Hou net asseblief die file sizes relatief klein – hier in die Kalahari werk ons internet nog met ‘n mannetjie wat heen en weer met ‘n mikstokkie hardloop…
Kliek op elkeen om die ware jakob te sien…
Hier is ‘n OOB’ie wat ek vanoggend gekry het. Dis gorgeous, Magrietha! Baie dankie!











Ag nee man, nou’t jy ‘n ding begin. Ek sien al hierdie truuks en nou moet ek dit ook kan doen. En ek gebruik Gimp! Sal jou ‘n suksesvolle foto stuur (mits ek dit regkry!)
Ek hou baie van daai soldaat-ene… maar ek gaan eerder nie try nie. Netnou meng dit in met my golfspelery!
ag dankie, die foto was my tweede probeerslag gewees… ek sal vir jou nog stuur soos wat ek die foto’s edit… en gepraat van die tyd bestuur program, vandat ek ontdek het hoe ‘n wonderlike program photoshop is, het ek amper tyd vir niks anders nie… Skottelgoed het maar soos ‘n hoop bly lê ;O)
geniet jou dag…
Wow! Dis erg mooi! Hou ook die meeste van die soldaat-ene. Ek is bly ek het na Dellie geluister en hier kom draai.
Jy mag verseker maar.
Hallo daar, Sonkind het my jou adres gegee vir die tutorial oor oob’s, maar jou skakel wat jy hierbo aangee, werk nie meer nie.
Het jy die file êrens anders asb!?
Besoek my blogs vir ‘n anderste ondervinding!
Groete Frans